GOSA logo Gunformation Forum
www.gunownerssa.org


 
 Gunformation Home Gunformation Home FAQFAQ   SearchSearch   MemberlistMemberlist   UsergroupsUsergroups   RegisterRegister 
 ProfileProfile   Log in to check your private messagesLog in to check your private messages   Log inLog in   RSS feedRSS feed 
Firearm Classified AdsFirearm Classified Ads Search Firearm AdsSearch Firearm Ads

2010-04-13: Inlewering van wapens ‘’n totale mislukking’

 
Post new topic   Reply to topic    Gunformation Forum Index -> Die Burger
View previous topic :: View next topic  
Author Message
GOSA
Site Admin


Joined: 29 Jan 2006
Posts: 1473
Location: South Africa

PostPosted: Tue, 2010-04-13 11:26    Post subject: 2010-04-13: Inlewering van wapens ‘’n to Reply with quote

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Inlewering-van-wapens-n-totale-mislukking-20100413

Inlewering van wapens ‘’n totale mislukking’
2010-04-13 07:21

Maygene de Wee

Kaapstad – Die afgelope amnestietydperk vir die inhandiging van onwettige vuurwapens was ’n algehele mislukking omdat so min onwettige vuurwapens ingehandig is.

Só het die Suid-Afrikaanse Vuurwapeneienaarsvereniging (Saga) gister gesê.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gister op ’n nuuskonferensie in Pretoria gesê altesaam 32 169 vuurwapens is landwyd gedurende die anmestietydperk van 11 Januarie tot 11 April ingedien.

Slegs 27% hiervan was onwettige vuurwapens.

Die meeste vuurwapens is in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap ingehandig.

Martin Hood, Saga-woordvoerder en regsadviseur, het gesê die amnestietydperk is deur die polisie gebruik om wettige vuurwapeneienaars te intimideer om hul vuurwapens in te handig.

“Dit word bewys deur die getal wettige vuurwapens wat ingehandig is en die klein persentasie vuurwapens wat sogenaamd onwettig in mense se besit is.”

Hood het gesê die polisie moet bewys hoeveel van die onwettige vuurwapens deur misdadigers ingehandig is.

“Hulle sal nie kan nie, omdat die misdadigers nie tougestaan het om hul AK 47’s of gesteelde polisievuurwapens in te handig nie.”

Volgens hom is die meeste vuurwapens wat ingehandig is erfstukke of dit was wettig gelisensieer, maar nie in die naam van die huidige eienaar nie.

Die Wes-Kaapse polisiekantore is gister gemuilband en opdrag gegee om nie enige statistieke oor die amnestietydperk aan die media bekend te maak nie.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die Wes-Kaapse statistieke sal Donderdag in ’n mediaverklaring bekend gemaak word.

Natalie Jaynes van Gun Free South African het gesê hulle beskou die amnestietydperk as ’n sukses.

Enige poging om vuurwapens uit die samelewing en land te kry, moet ondersteun word, het sy bygevoeg.

- Die Burger
_________________
What have YOU done for YOUR rights today?
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail
Display posts from previous:   
Post new topic   Reply to topic    Gunformation Forum Index -> Die Burger All times are GMT + 2 Hours
Page 1 of 1

 
Jump to:  
You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot vote in polls in this forum


Powered by phpBB © 2001, 2005 phpBB Group