GOSA logo Gunformation Forum
www.gunownerssa.org


 
 Gunformation Home Gunformation Home FAQFAQ   SearchSearch   MemberlistMemberlist   UsergroupsUsergroups   RegisterRegister 
 ProfileProfile   Log in to check your private messagesLog in to check your private messages   Log inLog in   RSS feedRSS feed 
Firearm Classified AdsFirearm Classified Ads Search Firearm AdsSearch Firearm Ads

2009-09-07: Bure geskiet na stoeigeveg

 
Post new topic   Reply to topic    Gunformation Forum Index -> Beeld
View previous topic :: View next topic  
Author Message
GOSA
Site Admin


Joined: 29 Jan 2006
Posts: 1473
Location: South Africa

PostPosted: Thu, 2009-11-19 15:19    Post subject: 2009-09-07: Bure geskiet na stoeigeveg Reply with quote

Bure geskiet na stoeigeveg
2009-09-07 11:51




Amanda Roestoff


Johannesburg - 'n Inwoner (53) en sy buurman van die rykmansbuurt
Noordheuwel in Krugersdorp aan die Wes-Rand moes gisteraand geopereer word
nadat hulle albei in 'n heftige stoeigeveg met 'n voornemende motor-kaper
gewond is.


Die booswig is gedurende die voorval met sy eie vuurwapen doodgeskiet.


Die drama het hom vroegaand in die buurt afgespeel toe die inwoner en sy
vrou om 17:45 in hul 4x4-voertuig, 'n Honda CR-V, by hul huis in Forsythweg
opgedaag het.


Twee mans, van wie een gewapen was, het die egpaar in die straat in 'n grys
Corsa ingewag. Toe die man en vrou uit hul motor klim, het die kapers op
hulle toegesak en die man oorrompel.


Insp. Tebogo Kgomo, polisie- woordvoerder, het gisteraand op die toneel
gesê 'n stoeiery het daarna ontstaan.


Die egpaar se buurman, wat in sy 60's is, het hulle te hulp gesnel en in
die struweling betrokke geraak.


Verskeie skote is in die geveg afgevuur.


Die man en sy buurman is albei in die onderlyf getref. Die een kaper (28)
is dood nadat hy gedurende die stoeiery in die bors geskiet is. Die polisie
vermoed sy makker is ook in die voorval getref, maar dié het gevlug.


Die gewonde mans is per ambulans na die Netcare


Krugersdorp- private hospitaal gehaas. Hulle was laat gisteraand nog in die
teater en albei in 'n stabiele toestand, het die polisie gesê.


Marco Coetzer, 'n inwoner, het gesê veiligheid is sowat 18 maande gelede in
die gebied opgeskerp nadat drie kapingsvoorvalle binne ses dae voorgekom
het. "Die diens moes egter weens die swak ekonomie afgeskaal word."


Mense met meer inligting oor die voorval kan supt. John Sithole by 011 951
1742 bel.


- Beeld
_________________
What have YOU done for YOUR rights today?
Back to top
View user's profile Send private message Send e-mail
Display posts from previous:   
Post new topic   Reply to topic    Gunformation Forum Index -> Beeld All times are GMT + 2 Hours
Page 1 of 1

 
Jump to:  
You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot vote in polls in this forum


Powered by phpBB © 2001, 2005 phpBB Group